HELPERS HONGARYE – MAATSKAPPYVORMING, SAKEONDERSTEUNING EN DIENSTE RAKENDE VERBLYFREG

HELPERS is ’n unieke diensverskaffer vir buitelanders wat woon, werk of sake doen in Hongarye. Sedert 2005 het ons al honderde sakelui wêreldwyd bygestaan om ondernemings te vestig en te bestuur, om beleggings te maak of om verblyfreg in Hongarye te verkry.

As u belangstel om na Europa te verhuis, kan u dalk Hongarye oorweeg in stede van Duitsland of ander Wes-Europese lande, want Hongarye bied meer gunstige toestande.

Hoekom Hongarye?

  • vinnige en maklike inkorporering: die maatskappy word gevestig en begin bedryf binne 4-5 werksdae
  • lae korporatiewe belasting: teen slegs 9% is dit van die laagste in Europa
  • onmiddellike internasionale BTW-nommer: geen wagtydperk of ekstra vereistes nie
  • lae aanvangskapitaal wat nie gedeponeer hoef te word nie
  • koste-effektiewe vestiging en onderhoud van die onderneming
  • sentrale ligging binne die EU/Schengen-sone en goeie infrastruktuur
  • maklike visum- en verblyfreg-opsies vir alle nasionaliteite

Ons gunsteling-dienste en alomvattende pakkette sluit die volgende in:

1. Maatskappyvorming – vestiging en een-jaar-pakket

Hierdie pakket omvat alles wat regtens benodig word vir die vestiging en onderhoud van ’n Hongaarse onderneming:

  • maatskappyvorming (persoonlike maatskappyregistrasie of per prokurasie)
  • maatskappyregistrasie-belasting
  • plaaslike en internasionale BTW-nommer
  • bystand met bankrekeninge
  • dokumentasie in Hongaars en Engels (ander tale beskikbaar teen ekstra koste)
  • sentrale adres in Boedapest en geregistreerde kantoor vir een jaar
  • poshantering en -aanstuur vir een jaar
  • aanvangsboekhouding (aanvanklike verslagdoening aan owerhede)
  • persoonlike belastingnommer en bestaansbeveiligingsnommer vir die direkteur
  • kamer-van-koophandelregistrasie (lidmaatskapfooi ingesluit)

Tydraamwerk: registrasie geskied binne 4-5 dae na ondertekening

Verwagte addisionele koste: boekhouding (vanaf EUR 200/maand, op grond van die onderneming se aktiwiteite en sakevolume); permitte en lisensies (indien van toepassing); reiskoste na Hongarye (minstens een besoek word vereis om ’n bankrekening te open)

2. Verblyfreg op grond van eienaarskap van ’n onderneming – een-jaar-pakket

Hierdie pakket is een van ons gunsteling-produkte en sluit die vestiging en eerste jaar se fooie van ’n plaaslike maatskappy in, asook alles wat vereis word vir die direkteur se verblyfregaansoek:

  • maatskappy-inkorporasie (insluitende bystand met die bankrekening, BTW-registrasie, alle vereistes)
  • geregistreerde kantoor (een jaar; poshantering en -aanstuur ingesluit)
  • sakeplan vir die doeleindes van die verblyfregaansoek (op grond van kliëntinsette)
  • belastingnommer en bestaansbeveiligingsnommer vir die applikant (direkteur van die maatskappy)
  • woningnavorsing (bystand met die soektog na ’n geskikte woning vir verblyfreg)
  • aansoek om verblyfreg (samestelling van die lêer vir voorlegging)
  • sake-uitnodigingsbrief (gesertifiseer deur die immigrasie-owerheid)

Tydraamwerk: maatskappyregistrasie binne 4-5 dae na ondertekening; aansoek om verblyfreg neem 1-3 maande

Verwagte addisionele koste: boekhouding; enige marknavorsing, kantoor of pakhuis, personeel of ander belegging wat die onderneming vereis; huur of aankoop van ’n huis of woonstel; reiskoste na Hongarye (minstens een besoek word vereis om ’n bankrekening te open);aansoekfooi en die koste van dokumentasie en vertaling (ongeveer EUR 100-200)

Indien u nie die moeite wil doen om u eie onderneming te vestig nie, maar nog steeds verkies om verblyfreg in Hongarye te verkry, kan ons ’n plaaslike maatskappy vir belegging voorstel – deur middel van so ’n belegging sal u in aanmerking kom vir ’n soortgelyke verblyfpermit. Kontak ons gerus vir meer inligting!

3. Boekhouding en finansies

Ons verskaf boekhouding asook betaalroladministrasie, jaarverslagdoening en raadgewing in verband met internasionale belasting en bestaansbeveiligingsbetalings Ons ondersteun nie slegs ondernemings wat met ons bystand gevestig word nie – enige KMO in buitelandse besit kan baat vind by ons gespesialiseerde kundigheid in die ondersteuning van buitelandse maatskappy-eienaars om hulle Hongaarse onderneming te benut en steeds te voldoen aan plaaslike regulasies.

4. Hervestigingsdienste vir gesinne

Deur ’n plaaslike onderneming te vestig en te bestuur, kan iemand van enige nasionaliteit in aanmerking kom vir verblyfreg in Hongarye op grond van sy/haar rol as direkteur van die onderneming. Indien die direkteur besluit om na Hongarye te verhuis saam met sy/haar eggenoot en hulle kinders, kan ons ’n omvattende dienspakket verskaf vir die hele gesin, insluitende verblyfpermitte vir al die gesinslede asook enige ander vorm van bystand om die verhuising te vergemaklik. Kontak ons gerus vir ’n aangepaste kwotasie vir die hele gesin!

5. Deurlopende ondersteuning en addisionele dienste

HELPERS voorsien ondersteuning, konsultasiedienste en projekbestuur om ons kliënte deurentyd by te staan met hulle aktiwiteite in Hongarye. Ons bied onder andere deurgaans steun met sekretariële dienste, lisensiëring, marknavorsing, vennootnavorsing, werwing, bedryfsnetwerke, finansiële beplanning en beleggingsfasilitering. Vir ons kliënte se onderneming kan ons ’n klein kantoor met skoonmaakdienste of ’n tydelike raadskamer of werkruimte voorsien, of bystand verleen om hulle eie fasiliteite in te rig, indien nodig. Eerstens sal een van ons rekeningbestuurders u vereistes beoordeel en al u vrae beantwoord.

6. Belegging en immigrasieprogram

Behalwe die gunstige toestande vir die vestiging van ’n onderneming bied Hongarye ook ’n unieke geleentheid vir beleggers wat ’n permanente verblyfspermit vir hulself en hulle gesinne wil verkry sonder om ’n onderneming te vestig.

Hoekom moet u die Hongaarse Verblyfreg deur Belegging-program kies?

  • die goedkoopste staatsgesteunde, risikovrye staatsbelegging- en immigrasieprogram in Europa
  • vinnig: verkry verblyfreg binne twee weke
  • slegs een besoek aan Hongarye word vereis en geen verpligte verblyf daarna
  • u kan u gesin saambring (eggenoot en minderjarige kinders)
  • geen minimum akademiese vlak, mediese ondersoek of beperkings rakende die land van herkoms nie
  • geen bewys van bates of minimum netto waarde as kriteria nie

Wat kos dit?

  • belegging: EUR 300 000 – staatswaarborg, ten volle terugbetaal na 5 jaar
  • die staat se verwerkingsfooi: EUR 60 000 – eenmalige betaling, u enigste uitgawe!

Die verwerkingsfooi sluit in:

  • die dienste van die beleggingsmaatskappy;
  • advokate wat die belegging hanteer;
  • ons agentskap se BBP-ondersteuning tydens die hele proses.

Sluit aan by die honderde suksesvolle sakelui wat reeds die Europese mark betree het en gevestig is in hulle nuwe lewe!

AANDAG: Hierdie program is sedert April 2017 opgeskort. In plaas daarvan raai ons u aan om in vaste eiendom te belê om verblyfreg te verkry (sien hieronder).

7. Verblyfreg op grond van vaste eiendom

Vestig ’n onderneming, belê in vaste eiendom ter waarde van EUR 240 000 om te verhuur, en verkry Hongaarse verblyfreg vir uself en u gesin op grond van die bedryf van die onderneming, want die verhuur van vaste eiendom lewer ’n bestendige inkomste.

  • Belegging: die aankoop van minstens twee woonstele, teen ’n totale koste van ongeveer EUR 240 000
  • Vestiging van die onderneming en een jaar onderhoud, administrasie, regshulp en persoonlike bystand deur Helpers: EUR 20 000

Ons dienste is normaalweg beskikbaar in Engels, Frans, Persies, Slowaaks, Roemeens, Serwo-Kroaties en natuurlik in Hongaars. Ander tale is ook beskikbaar maar is onderhewig aan ’n kort wagperiode.

Vir navraag of om ’n bestelling te plaas, skryf aan info@helpers.hu of skakel +36-1-317-8570 (in Engels).